Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Malaysia Airlines hernoem emmerlys-promosiekompetisie

$
0
0

Malaysia Airlines het ’n promosiekompetisie hernoem waarin mense gevra word wat alles op hul emmerlys is, nadat hulle erken het dit is onvanpas weens die twee dodelike rampe wat dié diens die afgelope jaar getref het.

’n Emmerlys (“bucket list” in Engels) verwys na al die avonture wat iemand nog wil ervaar voor hulle die emmer skop.

Die veldtog My Ultimate Bucket List het klante gevra om met voorstelle vorendag te kom. Die bestes wen pryse, onder meer vlugte.

’n Verklaring van Malaysia Airlines het nie gesê wat die veldtog se nuwe naam is nie. Dit word tot einde vanjaar in Australië en Nieu-Seeland aangebied.

Die lugredery het Donderdag gesê hulle het die titel onttrek omdat dit “in hierdie stadium onvanpas is.

“Die lugredery het begrip vir en respekteer die publiek se mening en het hoegenaamd nie bedoel om enigeen aanstoot te gee nie,” het hulle gesê.

’n Vliegtuig van die Maleisiese lugredery het op 8 Maart onderweg na Beijing met 239 mense aan boord vermis geraak; dis steeds soek. In Julie is ’n vliegtuig van die lugredery oor die Oekraïne afgeskiet; al 298 passasiers het omgekom.

Die lugredery het voor die twee rampe ’n goeie veiligheidsrekord gehad en is voorheen met hoëgehaltediens vereenselwig. Maar die twee rampe, en die lugdiens se hantering van veral die eerste een, het hul handelsmerk baie skade berokken.

Die lugredery se meerderheidsaandeelhouer, die staatsbeleggingsmaatskappy Khazanah, het verlede week aangekondig hulle gaan 6 000 werkers by Malaysia Airlines afdank as deel van hervormings van sowat R20 biljoen.

Bron: Sapa-AP /mm


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>