Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Marokkaanse hoenderpotpastei

$
0
0

Bros deeg oor ’n heerlike, romerige hoendervulsel. Hierdie gereg bevat net die regte balans Marokkaanse geure; moet dus nie in die versoeking kom om enige bestanddele weg te laat nie. 


Genoeg vir 6
Bereiding: 20 min.
Marineer: 1 uur
Gaarmaak: 45 min.

MARINADE
250 ml (1 k) dik, gewone jogurt
sap van 2 suurlemoene
skil van 1 suurlemoen, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
20 ml (4 t) fyn komyn
5 ml (1 t) rissiepoeier

HOENDER

8 hoenderborsiefilette, gesny

SOUS

30 ml (2 e) olie
2 uie, fyngekap
1 kaneelstok
2 blikkies (400 g elk) gekapte tamaties
10 ml (2 t) fyn gemmer
10 ml (2 t) fyn koljander
15 ml (1 e) rooipeper
2 knoffelhuisies, fyngekap
375 ml (1½ k) hoenderaftreksel
75 ml (5 e) koue botter, in blokkies gesny
24 groen olywe, ontpit
125 ml (½ k) gekapte vars koljander
125 ml (½ k) gekapte vars pietersielie
sout en peper

DEEG

18 fillodeegvelle, ontdooi
gesmelte botter
1 eier, liggies geklits

  1. Marinade: Meng die bestanddele in ’n groot niemetaal-bak.
  2. Hoender: Roer die hoender by die marinade, bedek en plaas ’n uur in koelkas.
  3. Sous: Verhit die olie in ’n groot pan, voeg die uie en kaneelstok by en braai 3 minute oor matige hate of tot die uie sag is.
  4. Voeg die tamaties, gemmer, koljander, rooipeper, knoffel en aftreksel by en laat 10 minute saggies kook of tot die sous afgekook en effens verdik het.
  5. Roer die hoender met die marinade in die pan en kook 10 minute saggies of tot die hoender deurgekook maar steeds sag is. Roer die koue botter, olywe, koljander en pietersielie by. Geur met sout en peper. Skep in ses enkelporsie-bakskottels en laat staan eenkant om af te koel.
  6. Voorverhit die oond tot 190 °C.
  7. Borsel botter oor een deegvel, frommel die deeg en plaas een op een van die bakskottels. Herhaal en gebruik drie deegvelle vir elke skottel.
  8. Borsel die bokant met ’n geklitste eier. Bak 20 minute of tot die deeg bros en goudbruin is en die vulsel borrel.

Deur: Hope Malau
Foto: Jacques Stander


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>