Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Jou sterre vir 4 September 2014

$
0
0

Sterre met Arthur Bowman


VERJAARDAGVERSLAG:
Dit gaan ’n besige jaar wees; jy gaan dinge doen wat jy nie gewoonlik doen nie en plekke besoek wat jy nie gewoonlik besoek nie. Jy gaan ook baie briewe skryf en heelwat oproepe maak oor ’n saak wat jou na aan die hart lê.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Dié babas het ’n briljante verbeelding. Hulle gaan in letterkunde of die geskrewe woord belangstel; dalk skryf hulle eendag verbeeldingryke materiaal. Hulle het ’n goeie geheue. Hulle het ’n belangstelling en vaardigheid in die kunste.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)
Vandag lyk interessant. Dalk gaan jy kan wys die Maagd kan baie dinge baasraak, maar omdat jy prakties ingestel is en teorie in praktyk kan omskep. Vandag is ’n baie kreatiewe dag.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)
Vandag kan ’n wens waar word. Dit is ’n geringe moontlikheid en as dit gebeur, is dit iets kleins; moet dus nie nou al jou Boeing 747 bestel nie. Daar gaan nuus uit die verre wees, nuus wat jy wil hoor.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Vandag begin iets wat jy wou hê. Dit is iets waaroor jy lees. Dalk vertel iemand jou daaroor en gaan deur die besonderhede sodat jy dié proses kan begin. Sake lyk goed; byt vas.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Daar is sterre wat jou geldsake raak. Ek sê nie hierdie sterre gaan jou tekort laat skiet nie, maar jy moet maar kyk waar sake staan. Onthou, die naweek is op pad en so ook groot uitgawes.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Daar gaan verwarring wees oor iets wat vir die naweek beplan is. Jy sal sake moet uitstryk; jy kan nie verwag om ander se gedagtes te lees nie en hulle kan nie joune lees nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Dit is ’n dag waarop jy jou take net met moeite kan afhandel. As jy kortpad probeer kies, gaan jy met die gebakte pere sit, en jy haat dit mos wanneer jy situasies skep waar jy foute maak.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)
Daar is goeie sterre vir tyd saam met vriende, maar natuurlik is dit ’n werkdag en sal jy nie baie tyd met hulle kan deurbring nie, tensy jy reël dat hulle met jou werk; dit is nie ’n sterk moontlikheid nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Vandag gaan daar ’n situasie wees wat jou ego streel en jou aansien effe verbeter. Dit is nou die tyd om breëbors te stap; mense haat ’n slegte wenner en vandag is jy ’n wenner.

BUL (21 Apr.-20 Mei)
Jou sterre lyk goed vir mense ontmoet en kontak met verafgeleë plekke maak. Dit blyk jou selfoon gaan besig wees, maar dit gaan die moeite werd wees. Die middag gaan verwarrend maar lekker wees.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)
’n Boodskap uit die verre gaan opslae maak. Dit is omdat iemand in jou verlede gaan krap terwyl jy nie die energie het vir die hersirkulasie van simpel, uitgediende gerugte nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Vandag bring moonlike kontak met interessante mense. Dit is dalk mense met wie jy belangstellings deel, mense wat volgens jou meer gevorderd en dalk meer ingelig as jy is.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Iets eindig vandag; dit is dalk iets werkverwant of dit het betrekking op een of meer van jou kollegas. Dit sal nie registreer op die Richterskaal nie; moet dus nie dat dit jou omkrap nie. Ontspan.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>