Beyonce het die veiligheidmaatreëls vir haar Sound of Change-konsert in die Twickenham-stadion in Londen op 1 Junie verskerp nadat sy dreigbriewe van ’n vorige bekruiper gekry het.
Beyonce het die veiligheidsmaatreëls vir haar optrede in Londen op Saterdag 1 Junie versterk uit vrees vir ’n Britse bekruiper.
Die Grown Woman-sangeres tree die naweek by die Twickenham-stadion in die stad op as deel van haar Sound Of Change-toer. Haar personeel is aangesê om op die uitkyk te wees vir Bassey Essien, ’n aanhanger wat glo vir haar dreigbriewe stuur en haar ’n bedrieër noem.
’n Bron het aan The Sun gesê: “Personeel is oor die situasie ingelig en foto’s van hom is rondgestuur. Hulle is aangesê om hul oë oop te hou en ekstra waaksaam te wees.
“Veiligheid is nou op ’n paar geleenthede verbeter, veral vir haar promosie in Engeland. Sy het glo soortgelyke briewe ontvang as dié wat Essien gestuur het.”
Die behepte aanhanger het Beyonce (31) glo al voorheen geteister. Toe hy haar in 2009 op ’n geleentheid in Londen ontmoet, het hy vir haar ’n boek vol aantekeninge probeer gee wat hy van sy godsdienstige bevindings gemaak het.
Al het hy beweer hy het die sangeres probeer help, is Bassey in 2011 in die hooggeregshof weens teistering skuldig bevind nadat verskeie beskermingsbevele misluk het.
Die besluit om veiligheidsmaatreëls te verskerp om nadat ’n manlike aanhanger Beyonce tydens haar optrede in Denemarke op die boud geraps het. Beyonce het ’n ’n 16 maande ouer dogter, Blue Ivy, by haar man, Jay-Z.