Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Wil Keith Urban na American Idol terugkeer?

$
0
0

Keith Urban het geen idee of hy weer na American Idol uitgegenooi sal word nie. Maar hy het geskimp hy sal graag op die volgende seisoen se beoordelaarspaneel wil dien, want hy werk graag met nuwe talent.

Keith Urban het geen benul of hy volgende seisoen na American Idol sal terugkeer nie.

Die 45-jarige Australiese country-sanger, wat met die aktrise Nicole Kidman getroud is en twee dogters, Sunday Rose (4) en Faith Margaret (2), het, het geskimp hy hoop hy word weer na die program se beoordelaarspaneel uitgenooi, want hy werk graag met nuwe kunstenaars.

Hy het gesê: “Ek het soveel moontlik gedoen in die omgewing wat ons gehad het. Ek is dol oor kunstenaars. Ek is gaande oor die begin van kunstenaars wanneer hulle net rou talent het en niks anders nie.”

Hy het bygevoeg: “Ek het geen amptelike inligting oor enigiets nie. Ek is in dieselfde bootjie as almal anders hier met die gerugte wat die ronde doen.

“Ek weet niks meer oor wat volgende seisoen gebeur nie. Dit was ook so voor ek aangesluit het . . . Dus is dit nie ongewoon dat die Idol-mense eers uitpluis wat hulle wil doen en dan ’n besluit neem nie.”

Jennifer Hudson is al bekende wat vir volgende seisoen bevestig is.

Die huidige beoordelaars Nicki Minaj en Randy Jackson het reeds bevestig hulle verlaat die program en Mariah Carey is glo ook nie van plan om terug te keer nie.

Die nuwe beoordelaarspaneel sal na verwagting uit vorige Idol-deelnemers saamgestel word, met die ster van die derde seisoen, Jennifer, saam met die superster Kelly Clarkson, wat die eerste reeks gewen het, en óf Adam Lambert óf Clay Aiken.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!