Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Lady Gaga ’n boelie?

$
0
0

Een van Lady Gaga se voormalige personeellede sê die sangeres is ’n “boelie” en ’n “monster”.

Die sangeres, wat al talle kere haar stem dik gemaak het oor boelies, tree glo onvoorspelbaar op en trap haar personeel sonder rede uit. Dis so erg dat die res van die span te bang is om haar teen te gaan.

Iemand wat tussen 2009 en 2011 aan haar Monster’s Ball-wêreldtoer gewerk het, het vertel: “Sy het voor elke vertoning ’n kringgebed gedoen. Sy het een aand skielik een van die agtergrondsangers uitgetrap en gesê sy is onprofessioneel en ondankbaar. Sy het haar voor dosyne mense uitgetrap. Dit was pynlik om te aanskou en jy kon nie tussenbeide tree nie. Sy ondersteun aanhangers wat onder boelies deurloop en noem hulle haar monsters, maar sy is self ’n boelie en monster.”

’n Vriendin van Lady Gaga (27) beweer die ster – wat met die akteur Taylor Kinney (32) begin uitgaan het nadat sy hom op die stel van haar video You & I ontmoet het (die liedjie wat sy vir haar vorige kêrel, Lüc Carl, geskryf het) – is “obsessief” oor mans en hou van “vreemde” seks.

“Sy is obsessief oor mans. Sy sal enigiets doen om ’n ou te kry. Sy is ’n ekshibisionis en het al seks gehad in plekke waar sy weet vreemdelinge haar kan sien. Dis soos een groot vertoning. Sy hou daarvan om vreemde goed in die slaapkamer te doen. Sy is net so oordadig in die bed as wat sy op die verhoog is.”

Nog ’n vriendin sê Gaga, wie se regte naam Stefani Germanotta is, woon in ’n “alternatiewe heelal” en hou weg van die kollig ook haar pop-persona vol.

“Niemand noem haar Stefan nie. Selfs haar ma noem haar Gaga,” sê die pel. “Sy ken nie meer die verskil tussen die werklikheid en haar vertonings nie. Dis asof sy haar lewe lei in hierdie alternatiewe heelal wat sy geskep het.”

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!