’n Nuwe wetsontwerp kan dit onwettig gaan maak vir ouers om hul kinders by die huis ’n pak slae te gee, het die Sunday Times berig.
“As ’n man sy vrou slaan, is dit ’n misdaad, maar as ’n ouer ’n hulpelose kind slaan, is dit nie onwettig nie,” het Bathabile Dlamini, die minister van maatskaplike ontwikkeling, aan die koerant gesê. Sy het bygevoeg ouers moet hul kinders met behoorlike waardes grootmaak om seker te maak dat hulle nie “hul eie kinders eindelik doodmaak” nie.
Lyfstraf by skole is reeds in 2006 onwettig verklaar.
Die Sunday Times berig ouers kan ingevolge dié wetsontwerp van aanranding aangekla word as hulle kinders met ’n plat hand op hul boude slaan of enige ander metode van lyfstraf toedien.
Bron: Sapa /ml/clh