Rinske van Vliet van Kaapstad het hoenderpasta ’n nuwe kinkel gegee: Sy krummel eers die hoender om die gereg meer tekstuur en geur te gee.
GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 25 min.
3 hoenderfilette, platter gekap
sout en peper
2 eiers, geklits
250 ml (1 k) broodkrummels
olie vir vlakbraai
2 knoffelhuisies, gekap
2 x 410 g-blikke
gekapte tamaties
60 ml (¼ k) rooiwyn (opsioneel)
250 g sampioene, in skywe gesny
olie vir diepbraai
250 g tagliatelle, gekook
60 ml (¼ k) parmesaankaas, gerasper
30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap
- Sny die hoender in stukke. Geur met die sout en peper, doop elke stuk in die eier en bedek met die broodkrummels. Verkoel in die yskas tot dit tyd is om dit te braai.
- Verhit die olie in ’n diep pan en braai die knoffel. Voeg die tamaties en opsionele rooiwyn by en laat prut 5 min.
- Voeg die sampioene by, geur met die sout en peper en laat prut tot die sampioene gaar is en die sous verminder het.
- Verhit genoeg olie vir diepbraai in ’n ander pan en braai die hoender tot goudbruin.
- Sit die gaar tagliatelle met die tamatiesous en hoender voor en bestrooi met die kaas en pietersielie.