Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Te veel Facebook dalk ’n teken van swak selfbeeld

$
0
0

Plaas jy gereeld foto’s van jou en jou geliefde op Facebook?

Los jy liefdesboodskappe oral op jou maat se muur of sê gereeld hoe wonderlik jou beter helfde is? Pasop!

Volgens ’n onlangse studie van mense jonger as 30, wat deur die Albright College in Pennsilvanië gedoen is, maak dié met ’n baie swak selfbeeld hulle daaraan skuldig.

Dié soort mens is meer daartoe geneig om oor hul liefdesverhouding op Facebook uit te praat.

Mooi foto’s van verliefdes word gereeld op die sosiale netwerk gedeel en hul liefde word elke dag aan hul vriende bekendgemaak.

Inskrywings soos “Hy is die beste kêrel ter wêreld!” of ander vreugdevolle boodskappe is tipiese voorbeelde van ’n persoon wat min selfvertroue in en ’n lae selfbeeld oor hul verhouding het.

Luidens die studie is introverte ook meer geneig om oor hul verhouding te pronk; daarteenoor is ekstorverte eintlik gemakliker daarmee om inligting persoonlik met ander te deel.

Mense wat elke dag ook baie negatiewe emosies ervaar, is meer geneig om hul maat se aktiwiteite op Facebook dop te hou.

Volgens die studie is dit omdat paartjies Facebook gebruik om hul eie vrese en gevoelens van verwerping te verminder of te ignorer.

“Die studie se uitslae bewys dat die mense eintlik net aan hulself, hul maat en ander wil bewys dat dit met hul verhouding goed gaan,” sê Gwendolyn Seidman, ’n mede-dosent in sielkunde by die kollege.

Bron: www.mailonline.com


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>