Aanlyn boelies het Robin Williams se dogter, Zelda, op die sosiale netwerk Twitter geteister deur vermeende foto’s van sy lyk aan haar te twiet. Sy is toe gedwing om haar rekening in afgryse te sluit.
Zelda (25) het aanvanklik by aanhangers gepleit om die skuldiges te rapporteer: “Ek bewe. Ek kan nie,” het sy gewtiet. “Asseblief. Twitter het ’n skakel nodig en ek weier om dit oop te maak. Moet julle dit asseblief ook nie oopmaak nie.”
Sy het later die twiet verwyder en haar Twitter-rekening gesluit. “Ek is jammer. Ek moes nie toelaat dat dit my so affekteer nie,” lees haar laaste twiet. “Dit gaan nou ’n hele ruk nie meer op my toestelle wees nie, dalk vir ewig. Net die tyd sal leer. Tot siens.”
Sy het dit verder gevoer en het besluit om die fotodeel-webtuiste Instagram ook ’n ruk lank te los om haarself tyd te gee om te rou.
“Ek los hierdie rekening ’n ruk lank sodat ek kan rou en besluit of ek dit wil verwyder,” het sy in haar laaste inskrywing geskryf, ’n onderskrif by ’n foto van ’n skoenlapper.
“Probeer in hierdie tyd asseblief die profiel van my familie en vriende respekteer. Dit is wreed en onnodig om ons profiele te deursoek vir foto’s van my pa of om ons te veroordeel oor die aantal foto’s van hom. Daar is ’n paar, maar die werklik privaat oomblikke wat ek met hom gedeel het, was kosbaar, stil en, glo dit of nie, nie vol foto’s of selfies nie. Ek het hom gedeel met ’n wêreld waar almal foto’s met hom geneem het, maar ek was gelukkig genoeg om sonder kameras met hom tyd deur te bring. Dit was oorgenoeg en ek is dankbaar vir die bietjie tyd wat ek gehad het. My gunstelingfoto’s van van my gesin hang in my huis. Hulle gaan daar bly; dit gaan nie op sosiale media geplaas word nie. Dit sou toe en beslis nou op nuusblogs beland het. Ek wil nie dit vir ons herinneringe saam hê nie. Dankie vir jul respek en begrip in hierdie moeilike tyd. Totsiens.”
Ekstra bronne: dailymail.co.uk, usmagazine.com