Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Ons gesels met Aloe Blacc

$
0
0

Sy regte naam is Egbert Nathaniel Dawkins III, maar hy verkies Aloe Blacc. Ons het met die Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, sakeman, musikant en akteur gesels

Hoekom Aloe Blacc?

Ek het my loopbaan in die middel 90’s as ’n hip-hop-kunstenaar begin en het myself toe “Aloe” genoem, want ek het gevoel my styl is so glad soos ’n aalwyn.

Hoekom het jy jou dogter (1) na oudpres. Nelson Mandela genoem?

Oor sy nalatenskap, en die stryd waardeur hy en Winnie (sy tweede vrou) moes gaan om beter verhoudings te skep tussen die mense in Suid-Afrika en in die wêreld.

Wat beteken Madiba se nalatenskap vir jou?

Deernis, menslikheid en liefde. Ek gebruik my musiek om ’n positiewe sosiale verandering teweeg te bring en as ek boodskappe kan skep wat mense beter mense en burgers help wees, gaan ek aanhou om soveel moontlik met my musiek te doen.

Ek hoop my dogter volg eendag in my humanitêre voetspore eerder as in my musiekvoetspore.

Watter tale kan jy praat?

Ek kan net Engels en Spaans praat.

Vertel ons ’n bietjie meer van jou gunsteling-kunstenaars.

Daar is ’n hele paar na wie ek luister, maar meestal mense uit die vroeë 70’s. Ek geniet Eugene McDaniels en D.J. Rogers.

Waar kom jou wonderlike stem vandaan?

Ek weet nie. Nadat ek my musiekloopbaan as ’n hip-hop-kunstenaar begin het, het ek as sanger begin eksperimenteer, so dis hoofsaaklik eksperimentering. Ek is nie seker nie.

Met watter kunstenaars sal jy graag nog wil saamwerk?

Ek waardeer klassieke kunstenaars, so ’n vervaardiger soos Quincy Jones sal wonderlik wees, maar ook Stevie Wonder, Aretha Franklin en Al Green.

Wat is jou gunsteling-liedjie om te sing wanneer jy optree?

Can You Do This op my nuwe album, Lift Your Spirit (2014), is ’n lekker liedjie; wanneer ek dit speel, staan die mense op sodat hulle kan saam sing en dans.

Aloe is ook te sien in Get on up, die biografiese drama oor James Brown se lewe. Hy vertolk die rol van Nafloyd Scott, ’n lid van The Famous Flames.

Wat van toneelspel was vir jou die grootste uitdaging? 

Toneelspeel is baie anders as musiek. As ’n sanger moet ek projekteer en my energie aan die gehoor oorgee. In toneelspel moet jy jou energie behou en die gehoor toelaat om na jou te kom.

Pretfeite oor Aloe

-          Die laaste ding wat hy gegoogle het: Die woord ‘undulate’ (dit beteken golwend).

-          Die agtergrondfoto op sy selfoon: ’n Foto van sy dogter.

-          Die mees gespeelde liedjie op sy musiekspeler: It’s Good to be Alive deur D.J. Rogers.

-          Drie dinge waarsonder hy nie kan leef nie: 1. Musiek 2. Familie 3. Goeie kos.           

- Megan Bursey


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!