Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Hertogin Catherine ‘kry wenke by Victoria’

$
0
0

Brittanje se hertogin van Cambridge het blykbaar by Victoria Beckham gaan wenke vra oor hoe om haar seun groot te maak.

Die 32-jarige koninklike en haar man, prins William, het onlangs hul seun, prins George, se eerste verjaardag met ’n pret partytjie gevier. Soos die prinsie ouer word, steun Catherine (wat voor haar troue as Kate Middleton bekendgestaan het) op Victoria, wat self drie seuns en ’n dogter het.

William is goed bevriend met Victoria se man, die sokkerster David, wat beteken die vroue het ook blykbaar bevriend geraak.

“Victoria se drie seuns is so goedgemanierd en gemaklik in die kollig dat dit duidelik is sy het hulle baie goed grootgemaak,” het ’n bron aan die Britse tydskrif Look gesê. “Kate soek ongetwyfeld reeds wenke oor dissipline en toiletopleiding.”

Die gewese popster moedig Catherine ook glo aan om haar gesin uit te brei sodat George broers en susters het.

Op haar beurt is Victoria ne bewering bly om die geselskap te hê sedert hulle Londen toe getrek het. Hulle het in Los Angeles gewoon in die tyd dat David vir die sokkerspan LA Galaxy gespeel het.

“Om LA te verlaat beteken hulle moet vriende soos Eva Longoria groet, maar dit blyk Victoria en Catherine kom baie goed oor die weg, en dit sal my min verbaas as hulle mekaar nie heeltyd e-pos en teksboodskappe stuur nie,” het die bron bygevoeg. “Ek dink Catherine respekteer die feit dat Posh haar eie sukses geskep het, en Victoria kan haar help met ’n lewe in die openbare oog.”

Die paartjies raak net hegter bevriend, wat tot ’n gesamentlike uitstappie kan lei.

“Catherine en Victoria kom so goed oor die weg, hulle kan ’n uitstappie saam beplank,” het die bron gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>