Die meeste van ons hou van ’n lekker kerrie of ’n bietjie sterk sous by Nando’s. Maar blykbaar gee sterk gekruide kos ons meer as net tranerige oë en af en toe ’n hoesbui. Pikante bestanddele het ’n aantal gesondheidsvoordele, van hulp met gewigsverlies tot die voorkoming van kanker, maar wat is die verband?
Rakende gewigsverlies kan sterk kosse jou metabolisme aanwakker, wat beteken jy verbrand jou kos vinniger. Daar is in studies bevind die hoofverbinding in brandrissies, kapsaïsien, het ’n termogeniese effek en kan ná ’n ete die liggaam tot 20 minute kalorieë laat verbrand. ’n Rissie kan ook die vaalste dieetkos ’n skop gee, wat beteken jy gaan hopelik makliker by jou eetplan hou.
Intussen het navorsers in ’n studie (op muise) bevind wat in The Journal of Clinical Investigation gepubliseer is the pikante chemikalie in rissies, kapsaïsien, kan selreseptore in die dermvoering aktiveer, wat dus ’n reaksie skep wat die risiko vir gewasse verminder. Die navorsers ’n oorreaktiewe reseptor help afskakel wat dalk die groei van ’n gewas kan aanhelp. Die bevindinge is nuut en is nog nie gerepliseer nie, maar dit kan ook in sterk kos se guns tel.
Speserye het nie net die potensiaal om kanker te help voorkom nie; hulle is ook goed vir ’n gesonde hart. Navorsers het bevind mense van die kulture wat die meeste sterk kos eet, het ’n veel laer voorkoms van hartaanval en beroerte. Dit is weens verskeie redes, byvoorbeeld dat brandrissies die skadelike uitwerking van LDL (slegte cholesterol) kan teenwerk, of dat kapsaïsien inflammasie kan beveg, wat as ’n risikofaktor vir hartkwale geïdentifiseer is. Vitamien A en C versterk ook die hartspier se wande, en die hitte van die rissie verhoog bloedvloei na die hele liggaam. Dit alles dra by tot ’n sterker kardiovaskulêre stelsel.
Maar as jy nie so dol is ook sterk kos nie, kan jy steeds van die voordele ervaar deur ligter speserye soos komyn, gemmer en koljander by jou etes in te werk daarom ’n bietjie smaak te gee sonder dat jy jou smaakknoppies looi.
© Cover Media