Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Wat om die naweek te kyk

$
0
0

Vrydag 1 Augustus

Open Season
e.tv (DStv-kanaal 194) 14:30

’n Mak beer en sy vriend ’n mal takbok raak tydens die jagseisoen betrokke by allerlei kaskenades in die woud.

The Adjustment Bureau
SABC3 (DStv-kanaal 193) 21:30

’n Opkomende politikus raak verlief op ’n balletdanser. Maar hulle kan nie saam wees nie; daar is blykbaar onmenslike magte wat hulle op die onverwagsste manier uitmekaar probeer hou.

True Lies
e.tv (DStv-kanaal 194) 20:30

Arnold Schwarzenegger doen wat hy die beste doen: blaas goed op en maak mense dood. Hierdie keer speel hy ’n topspieon, maar sy vrou dink hy is net ’n rekenaarverkoopsman. Toe sy uitvind wat hy regtig doen, span hulle kragte saam. As die huwelik maar net so maklik soos spioenasiewerk was. . .

Saterdag 2 Augustus 

Up
SABC2 (DStv-kanaal 192) 16:00

’n Iesegrimmige 78-jarige man pak sy huis op, maak ballonne daaraan vas met die hoop om in ’n vreemde land aan te kom. Maar min weet hy hy het ’n verstekeling aan boord wat hom ’n ding of twee or die lewe kan leer.

Rise Of The Guardians
M-Net (DStv-kanaal 101) 17:00

’n Bose monster wil die wêreld aanval en die onsterflike bewakers (soos Kersvader, die Paashaas en Jack Frost) moet al die kinders ter wêreld red voor die monster hulle kry.

Shallow Hal
e.tv (DStv-kanaal 194) 20:00

’n Oppervlakkige ou wil net met die mooiste vroue uitgaan. Maar toe word daar ’n vloek oor hom uitgespreek wat maak dat hy vrou sien vir wie hulle werklik is – en hy raak verlief op ’n vrou wat die teenoorgestelde is van sy gewone prooi.

Sondag 3 Augustus 

Little Manhattan
e.tv (DStv-kanaal 194) 14:20

’n Skaam seun se ouers is kniediep in ’n egskeiding. Wat doen hy? Hy raak verlief op oulike 12-jarige meisie in sy buurt.

X-Men Origins: Wolverine
e.tv (DStv-kanaal 194) 20:00

Wil jy weet hoe jou gunsteling-mutant as Wolverine bekend geword het? Dit het lank, lank gelede begin en in hierdie fliek ervaar hy diskriminasie, kroeggevegte en om deur die weermag in ’n onvernietigbare moordmasjien verander te word.

World War Z
M-Net (DStv-kanaal 101) 20:05

Daar is ’n zombie-uitbreking en Brad Pitt speel ’n spesialis van die Verenigde Nasies wat die oorsprong van die siekte moet opspoor, asook ’n manier om dit stop te sit. Die enigste probleem? Die zombies is supervinnig en kan dink. O, Griet. . .


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>