Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Justin Bieber tart Orlando Bloom

$
0
0

Justin Bieber het Orlando Bloom aanlyn getart.

Die Baby-sanger, wat Woensdag in die vroeë oggendure in Ibiza met die Britse akteur in ’n onderonsie betrokke was (wat na bewering oor sy vervreemde vrou, Miranda Kerr, handel), het Orlando aanhou tart deur ’n foto op Instagram te plaas waarin Orlando huil by die openingsaand verlede September van Romeo & Juliet op Broadway, waarin hy gespeel het.

orlando-huil

Maar die 20-jarige Kanadese ster was duidelik bekommerd oor sy vete met die 37-jarige akteur; hy het die foto kort daarna verwyder voor hy dit sowat 20 minute later weer gedeel het.

Hy het ’n paar uur tevore ’n foto van Miranda gedeel, maar dit weer verwyder. Miranda, ’n model, en Orlando is ná ’n huwelik van drie jaar uitmekaar. Mense gis nou dat sy en Justin ’n kortstondige verhouding gehad het.

Die ster van The Hobbit het Justin by die eetplek Cipriani probeer slaan nadat Justin na bewering gesê het: “Sê vir Miranda ek stuur groete,” berig MailOnline.

Miranda se prokureur het aan die skinderwebtuiste TMZ.com gesê gerugte dat sy Orlando met Justin verneuk het, is vals en lasterlik. Sy en Orlando het ’n driejarige seun, Flynn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>