Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Speseryhoender met keker-ertjies en kool

$
0
0

Hierdie geurige en vullende gereg is heerlik om vooruit te berei vir ’n aandete in die week. Kook die hoender selfs tot drie dae voor jy dit nodig het en bêre dit dan bedek in die yskas. Voeg die kool en koljander by wanneer jy dit verhit vir voorsit. 

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 1 uur 5 min. 

15 ml (1 e) olie
6 hoenderstukke
sout en peper
20 g botter
2 uie, in dun skywe gesny
4 knoffelhuisies, gekap
5 cm-stuk gemmer, gerasper
10 ml (2 t) fyn koljander
10 ml (2 t) fyn komyn
10 ml (2 t) borrie
60 ml (¼ k) cayennepeper
1 blik (400 g) keker-ertjies, afgespoel en gedreineer
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
¼ kool, versnipper
’n klein hand vol vars koljander

  1. Voorverhit die oond tot 160 °C.
  2. Verhit die olie in ’n groot oondvaste pot oor matige hitte. Geur die hoender met die sout en peper en verbruin in sarsies. Verwyder uit die pot en sit eenkant.
  3. Voeg die botter en uie in die pot. Braai 10 min. terwyl jy dit dikwels roer of tot die uie sag en goudbruin is. Roer die knoffel, gemmer, koljander, komyn, borrie en cayennepeper in. Roerbraai sowat 1 min. of tot die speserye geurig is.
  4. Roer die keker-ertjies en die aftreksel in. Sit die hoender en enige sappe terug in die pot. Bring tot prutpunt.
  5. Bedek en verplaas na die oond. Smoor tot die hoender sag is (sowat 45 min.).
  6. Verplaas die hoenderstukke na ’n platbord en bedek met foelie om dit warm te hou. Voeg die kool in die pot en bedek. Sit 15 min. in die oond of tot die kool sag is.
  7. Sit die hoender terug in die pot en herverhit oor lae hitte. Verplaas die hoender na ’n diep platbord. Giet die kool-en-keker-ertjie-sous oor en strooi die koljander oor.

Duer Hope Malau


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>