Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

TV-gids Sondag 13 Julie 2014

$
0
0

Dit is vanaand op die kassie:

17:00 Modern Family (M-Net): Die familie gaan saam met Phil Australië toe sodat hy sy ma se wens kan uitleef: dat hy sy geboorteland sien. Intussen loop Mitchell en Cameron ’n ou vriend raak wat hulle nie regtig wil sien nie.

17:30 Idols SA (M-Net): Kyk hoe die beoordelaars, Gareth, Unathi en Randall, Suid-Afrika se volgende Idol soek.

18:00 Bravo! (kykNET): Die immergewilde Riana Nel neem haar nuwe musiekvideo op, en Robbie het agter die skerms gaan kuier. Die Republiek van Zoid Afrika is Karen Zoid se nuwe geselsprogram, en Bravo het tydens die opname van een van die episodes gaan kyk hoe dinge werk. En die Bravo!-span hou partytjie saam met die Kokkedore terwyl hulle saam die laaste episode van die nuwe reeks kyk, en die land sien wie wen.

18:30 DEKATv (kykNET): Gerhard kuier by die skrywer Niel Stemmet in De Kelders en gesels oor bergblomme en erfeniskos. Aleit snuffel rond in Oom Samie se winkel vol nostalgie en praat witwynpraatjies.

19:00 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek en onthul weer noodsaaklike kwessies wat die wêreld en Suid-Afrika in die gesig staar.

19:30 Common Law (SABC 3): Twee polisiebeamptes wat mekaar nie kan verdra nie, word deur hul baas na ’n huweliksterapeut gestuur om hul verskille te oorkom.

19:30 Jam (kykNET): Bring jou gunsteling-instrument en speel saam. Die Jam-span sal vir jou al die musiekmedisyne gee wat nodig is om vir jou krag te gee vir die nuwe week!

21: 30 Special Assignment (SABC3): ’n Span joernaliste ondersoek probleme en indiepte-nuusstories wat Suid-Afrikaners tans in die gesig staar.

21:30  Vallei van Sluiers (kykNET): Willem en Lina se liefde blom. By die oord veroorsaak ’n onwelkome gas baie moeilikheid. Hannah neem ’n groot besluit oor haar toekoms. Nie almal is beïndruk met die idee nie, en dit veroorsaak ’n drastiese wending in die Vallei.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>