Laekoolhidraatsjokolade-amandelkoek
Lewer 2 kleinerige
koekbroodjies van
10 snytjies elk
Bereiding: 20 min.
Bak: 30 min.
400 g eiervrug, geprik met ’n vurk
400 g donkersjokolade (70%-kakao), in stukkies gebreek
50 g kakao van goeie gehalte
60 g gemaalde amandels
3 eiers
200 g rou heuning
10 ml (2 t) glutenvrye bakpoeier
2 ml (½ t) seesout
10 ml (2 t) brandewyn
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Smeer twee klein broodpannetjies of ’n losboom-koekpan (23 x 7 cm) met olie en bestuif met kakao.
- Mikrogolf die eiervrug sowat 15 min. of tot heeltemal sag. Puree in die voedselverwerker tot glad.
- Voeg die sjokolade by die eiervrug in die bak en meng tot die sjokolade gesmelt het.
- Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
- Giet in die voorbereide pan(ne) en bak 30 min.
- Laat 15 minute afkoel in die pan(ne) en keer dan op ’n draadrakkie uit. Laat afkoel.
- Sif kakao oor voor jy dit voorsit.