In ’n onlangs opname in Brittanje het 52 persent van mans gesê hulle sal verbyry wanneer ’n vrou met ’n pap band langs die pad gestrand is.
In Suid-Afrika sal die hoofrede daarvoor waarskynlik besorgdheid oor veiligheid wees, want wie weet of daar nie ’n aanvaller op die agtersitplek wegkruip nie. Maar in Brittanje het jonger mans meestal gesê hulle sal nie stilhou nie, want hulle weet te min oor motors. Wat die rede ook al is, almal – mans en vroue – moet weet hoe om ’n band om te ruil.
Hier is nuttige stap-vir-stap-inligting van 1st for Women Insurance oor hoe om ’n band om te ruil – en ook belangrike wenke.
Gereedskap
Voor jy begin, moet jy seker maak jy het die volgende gereedskap in jou motor:
- ‘n Draagbare domkrag om jou motor op te lig
- ‘n Opgeblaasde spaarwiel
- ‘n Wielsleutel om die wiel te verwyder en terug te sit.
So maak mens
- Probeer op gelyke grond stilhou. As jy nie gelyke grond kan vind nie, draai jou wiele na die sypaadjie toe en parkeer so na moontlik daaraan om te keer dat jou motor beweeg; trek die handrem op en sit die motor in rat. As jy ’n agterwiel moet omruil, sal jy die handrem moet laat sak. Dit sal verseker dat die agterwiele los is en veilig om te verwyder.
- Wanneer jou motor veilig geparkeer is en daar geen kans is dat dit beweeg nie, moet jy die wieldoppe (tensy jou motor allooiwiele het) en wielmoere verwyder voor jy die motor met die domkrag oplig. Die meeste wielmoere draai anti-kloksgewys los, tensy daar ’n ‘L’ op staan, in welke geval hulle kloksgewys losdraai. Moenie die wielmoere heeltemal verwyder nie.
- Wanneer die wielmoere los is, lig jou motor met die domkrag op, maar nie te hoog nie – hoe verder jy die motor oplig, hoe verder sal jy die nuwe wiel van die grond af moet lig.
- Haal nou die wielmoere uit en haal die wiel af. Sorg dat jy die wielmoere op ’n veilige plek hou.
- Sit die nuwe wiel op en draai die wielmoere lossies vas. Draai dit eers heel vas nadat jy die motor weer tot op die grond laat sak het. Draai die moere so styf moontlik vas, staan op die sleutel as jy moet. En moenie vergeet om die wieldoppe terug te sit nadat jy klaar is nie.
- Laastens, moenie vergeet om jou stukkende of pap wiel so gou moontlik te laat vervang nie.
“As jy eerder nie jou hande wil vuil maak nie, kan jy altyd ’n bystandsdiens soos ons Guardian Angels bel, wat alte graag alle vroulike motoriste help. Bygesê, om ’n band te kan omruil is ’n goeie vaardigheid om te hê wat jou sal bemagtig en van nut sal wees,” sê Robyn Farrell, die uitvoerende hoof van 1st for Women Insurance.