Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Kokkedoor se Elsa en Johnny in sewende hemel

$
0
0

Dis amptelik: Ná 13 weke se bak en brou is Elsa Buys (57) van Clarens in die Vrystaat en Johnny Hamman (30) van Kaapstad Suid-Afrika se nuutste Kokkedoor-kampioene.

Hulle het in Donderdag-aand se slotaflewering van die kykNET-kostreffer Kokkedoor hul teenstanders in die eindstryd, Chris Greeff (66) van Bloemfontein en Marius Uys (29) van Gansbaai in die Wes-Kaap, met ’n skamele punt geklop.

Die wenpaar het van oor tot oor geglimlag toe Huisgenoot hulle oor hul naelskraapse oorwinning pols. Wat dink hulle het die knoop vir hulle deurgehak – en waarheen gaan hulle heel eerste in hul nuwe GWM-motors ry? Hulle vertel meer.

Som die oorwinning in drie woorde op.

  • Johnny: Verligting, trots, skok.
  • Elsa: Harde werk, kreatiwiteit, uithouvermoë.

Wat was jul reaksie toe julle die slotepisode – en die wen-oomblik – op TV kyk? Was daar trane?

  • Johnny: Daar was vir seker ’n traan. Dit was ’n baie emosionele oomblik, want ek was vas oortuig Chris en Marius het die prys in die hand.

Hoe het julle Donderdagaand gevier?

  • Johnny: Ons het dit saam met 150 mense gekyk – insluitend familie, vriende, die produksiehuis Homebrew Films en kykNET-kollegas. Dit was ’n groot aand!

Die Kokkedoor-eindstryd is al in November opgeneem. Was dit moeilik om die geheim so la-a-ank te hou?

  • Johnny: Ongelooflik! Jy moet so versigtig wees oor wat jy sê. En kykers is slim; hulle probeer jou onkant vang. Hulle vra nie of jy wen nie; hulle vra: Wanneer kom jou en Elsa se kookboek uit? Watter kleur gaan jou kar wees? Ek moes heeltyd op my voete dink.
  • Elsa: Die geheim was nie so erg nie soos al die mense wat wil hê jy moet vertel wat aan die einde gebeur. Ek is bly dis verby en dat ons weer kan aangaan met ons lewe.

Het julle gedink julle gaan wen? Dit het gelyk asof Chris en Marius julle opdraand gegee het.

  • Johnny: Ek het regtig gedink Chris en Marius gaan wen. Hulle het fantasties gekook. Ons het hulle blykbaar met een ou punt geklop. Hulle het ons regtig laat werk vir die prys. Ek het baie respek vir hulle.
  • Elsa: Ek stem. Dit was ’n harde stryd wat enige kant toe kon gaan. Tot die oomblik dat ons die uitslag gehoor het, het ons nie geweet wie gaan wen nie.

Moenie beskeie wees nie: Hoekom dink julle het julle gewen?

  • Johnny: Ek dink omdat ek en Elsa elke uitdaging net so ’n bietjie verder gevoer het – en ons vul mekaar baie goed aan. Ons albei dink uit die boks.
  • Elsa: Ek dink ook ons was gelukkig net ’n klein bietjie kreatiewer en meer vernuwend.

Was daar enige ander Kokkedore, behalwe Chris en Marius, teen wie julle nie in die eindronde wou kook nie?

  • Johnny: Ek dink Chris en Marius was ons sterkste teenstanders, maar as ek teen Renette gekook het, sou ek ook baie senuagtig gewees het…
  • Elsa: As individue, dalk, maar in ’n spanverband was Chris en Marius by uitstek die sterkste en mededingendste.

Hoe lyk die toekoms? Gaan julle nes die vorige wenners, Mynhardt en Tiaan, saam projekte aanpak?

  • Elsa: Ons wil graag projekte saam aanpak, maar anders as wat Mynhardt en Tiaan dit gedoen het. Ons wil nuwe tendense op feeste vestig en graag moderne kookneigings in die vir die gewone mens toeganklik maak. Ons begin sommer met ’n sjokoladebiltongtert met ’n koejawelsfeer wat ons by Innibos gaan bedien.

Waar kan aanhangers julle heel eerste in lewende lywe sien?

  • Johnny: Ons is eers by die Innibos-fees (in Nelspruit) en kort daarna by die Vryfees (in Bloemfontein). Ek hoop om julle daar te sien!

Julle het elkeen ’n GWM-motor gewen. waarheen gaan julle eerste ry wanneer julle hom kry?

  • Johnny: Jong, ek het nie op die oomblik tyd om êrens heen te ry nie. My dagboek is propvol!
  • Elsa: Ek wil heel eerste êrens heen ry waar ons blomme kan gaan kyk.

Elsa, ’n paar vrae net vir jou: Jy was deurgaans baie ernstig en op die kompetisie gefokus. Het jy ook ’n ligter sy?

  • O ja, maar meestal net rondom mense wat ek ken – veral my kleinkinders.

Jy is goed belese. Watter kookboeke sal jy voorstel vir mense wat kan kook, maar graag net soos jy kos wil berei?

  • Lees enigiets en probeer alles. Eksperimenteer bly die beste. En moenie bang wees vir boeke deur grootkoppe soos Heston Blumenthal nie.

Johnny, jou beurt: Jy het saam met Marius en Alet (van der Westhuizen) ’n nuwe projek begin. Wat behels dit en hoekom wou jy spesifiek met hulle saamwerk?

  • Johnny: Ons het dadelik gekliek, baie goed oor die weg kom en mekaar eintlik in die Karoo gevind. Toe besluit ons om saam etes te hou en kosvertonings te doen. Dit werk baie goed en ons vul mekaar goed aan. Ons beplan om in Augustus landwyd te toer en wil die hele nasie voer by aandetes in Johannesburg, Polokwane, Nelspruit, Bloemfontein, Hanover, Bredasdorp . . . eintlik net waar aanhangers ons wil hê!

Wat is jou grootste bloosoomblik van die hele reeks?

  • Johnny: Dis eintlik van stel af, voor die TV as ek die reeks kyk! Ek is nie mal daaroor om al my maniere en dinge op TV te kyk nie. In die reeks was dit definitief die oomblik toe ek besef die stoom wat uit die stoompot kom, is eintlik rook…

- Christiaan Boonzaier


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>