Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Vrae oor Oscar se vlug-of-veg-reaksie

$
0
0

Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius se reaksie op waargenome gevaar in sy badkamer op Valentynsdag verlede jaar is Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria bespreek.

Die aanklaer, Gerrie Nel, die dosent in sport- en oefeningsgeneeskunde aan die Universiteit van Kaapstad Wayne Derman gevra of die skietvoorval steeds sou plaasvind as Oscar daardie aand net een verskrikte reaksie gehad het op die geluid van sy en suite-badkamer.

Wayne het gesê daar sou meer moes wees weens die tyd tussen die skrik en toe Oscar sy vuurwapen gaan haal.

Hy het gesê die fisiologiese reaksie op die geluid sal ná ’n tyd verminder as Oscar nie ’n tweede keer geskrik het nie.

Woensdag het Wayne Oscar as ’n angstige individu beskryf wat handbewings en ’n slaapsteuring gehad het wat Wayne moes behandel.

Hy het gesê tydens die opening en sluiting van sportgeleenthede, soos die Olimpiese Spele, sou Oscar oordrewe verskrikte reaksies op die vuurwerkvertoning hê.

Hy het gesê Oscar het ineengekrimp en sy kop en ore bedek tot die geraas geëindig het.

Hy het deur assesserings en konsultasies met Oscar gewerk. Hy het ook as geneesheer gewerk saam met die Suid-Afrikaanse span by die Olimpiese Spele in sowel Beijing as Londen.

Donderdag het Wayne gesê nadat ’n individu ’n verskrikte reaksie ervaar het, gaan die liggaam onmiddellik in veg-of-vlug-modus.

Hy het gesê sodra ’n individu in daardie toestand is, verminder die bloedvloei na die deel van die brein wat vir kognitiewe denke verantwoordelik is; dit verminder in ’n mate die denkvermoë.

Gerrie het Wayne vroeër gevra of hy notas geneem het toe Oscar hom vertel het van die gebeure toe hy sy meisie, Reeva Steenkamp, doodskiet.

Wayne het gesê hy het nie.

“Is die verantwoordelike ding nie om notas te neem van wat hy gesê het nie?” het Gerrie gevra.

Wayne het gesê hy kon nie die datum onthou waarop hy Oscar opgeneem het waar hy van die voorval praat nie.

“Dit was moontlik toe die hofsaak begin. Ek kan nie die presiese datum onthou nie.”

Hy het gesê hy het Oscar ’n tweede keer gesien om ’n paar besonderhede uit te klaar wat hy nie verstaan het nie.

“Ek het gemeen dit is belangrik dat ek presies verstaan wat gebeur het. As ek enigsins twyfel gehad het, sou ek nie hier gestaan het nie.”

Toe Gerrie Wayne se kruisondervraging begin, het hy die geneesheer se objektiwiteit in twyfel getrek.

Gerrie het gesê die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika se regulasies vereis dat Wayne in Oscar, sy pasiënt, se beste belang optree.

“Is dit wat jy nou doen?” het Gerrie gevra.

“Ek glo so,” het Wayne geantwoord.

Gerrie het gesê as Wayne objektief was, sou sy getuienis sy pasiënt benadeel.

“Ek stem nie saam nie. Ek gaan nie met ’n bevooroordeelde verslag voor die hof verskyn nie, want ek het dit baie versigtig opgestel.”

Toe hy gevra is of hy teen Oscar sou getuig, het hy gesê: “Ek is onder eed; ek moet die waarheid vertel en dit is wat ek gaan doen.”

Hy het gesê hy was versigtig en afgemete toe hy sy verslag opstel en het met sy prokureurs gewerk om seker te maak hy het nie enige van die raad se reëls oortree nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>