Ons Days of the Dinosaur-uitstalling is goed op dreef. Dit gaan tot 20 Julie by die Sandton-konferensiesentrum wees. Julle kan dit daar gaan besigtig, maar ’n bakkery in Craighall het dinosourusse wat jy kan eet!
Ons het met die bakker [pastry chef] Jean-Marie van Crumble Cake Shop & Kitchen oor die eetbare dinosourusse en koeksake.
Sy vertel ons haar inspirasie kom uit die hart, hul klante, mense in die algemeen en haar kinders. Die bakkery bestaan al 33 jaar, maar die huidige eienaars het sowat ’n jaar en ’n half gelede die leisels oorgeneem. Ons is mal oor hul dinosourus-kolwyntjies! Kyk sommer self!
Jean-Marie vertel ons die uitspattigste koek wat hulle al gemaak het, was ’n seun en meisie se verjaardagpartytjie. Hulle het die karakter Merida van die Pixar-animasiefliek Brave en die karakters van die fliek How to Train Your Dragon gekombineer. Hulle het twee dae aan die koek gewerk; dit was 25 cm hoog.
“Dit was nogal ’n uitdaging; ek het dit baie geniet,” het Jean-Marie gesê.
- Londiwe Dlomo