Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Renette en Orscilla praat oor die einde van hul pad in Kokkedoor

$
0
0

Hulle was “so grys soos sement” toe hulle hoor hulle is die span wat uit Kokkedoor geskakel is – en ja, sê Renette Vosloo (49), wat gisteraand saam met Orscilla Hitch cock (38) die trekpas gekry het, die trane het omtrent geloop toe sy dit op TV kyk – maar gelukkig is al die hartseer verby; opwinding wag!

Hulle vertel ons of hulle saamstem met die beoordelaars, Hetta en Nic, se besluit om hulle huis toe te stuur, watter uitgeskakelde deelnemer eintlik verdien het om langer te bly, en wie hulle dink oor twee weke in die Kokkedoor-finale koning gaan kraai.

Hoe voel julle ná gisteraand se episode?

  • Renette: Die trane het, tot my gesin se ontsteltenis, geloop. Hulle haat dit (die trane)!
  • Orscilla: Ek voel weer trots op dit wat ek bereik het.

Wat het skeefgeloop?

  • Renette: Daar was net vreeslik baie om te doen in die gegewe tyd – en dit is natuurlik waar jou ware vaardigheid getoets word. Ek en Orsie (Orscilla) het ook net nie die dag lekker gejel nie. Sy was baie op haar senuwees oor die meringue, en ek het weer nie seker gemaak daar is genoeg sout in sodat dit ’n volwaardige soutmeringue kan wees nie. Darem het dit mooi gelyk – en by die openingfunksie was ons borde heel eerste leeg!
  • Orscilla: Ons het net te anders probeer wees, en het te veel aangepak vir die tyd wat beskikbaar was.

Is julle tevrede met die beoordelaars se kommentaar?

  • Renette: Ek gaan gekruisig word, maar: nee, nee, nee! Daar was ’n ander span (sy wil nie name noem nie) wat kondensmelk-klapperys gemaak het, en ek was oortuig hulle moes waai. Ek het regtig nie verwag om huis toe te gaan nie. Iemand het later vir my gesê ek het so grys soos sement gelyk toe Hetta en Nic ons naam noem. Maar as jou uur aanbreek, kom daar amper ’n bomenslike aanvaarding oor jou, en ek het die uitslag met waardigheid probeer aanvaar.
  • Orscilla: Ek het heeldag ’n voorgevoel gehad dit gaan ons einde wees…

Julle was albei voorheen in baie sterk spanne – Renette, jy was saam met Johnny, en Orscilla, jy met Lorraine. Dink julle julle sou verder kon kom as julle in daai spanne gebly het?

  • Renette: It goes without saying, my dear! Toe ek by Johnny weggevat word, het ek dadelik geweet dis game over vir my. Ek het wel gedink ek en Orsie kon die toptwee haal.
  • Orscilla: Ek en Renette het baie lekker saamgewerk, en ek dink ons was ’n goeie kombinasie. Ek het dit baie geniet om saam met haar te kook.

Kykers sê op sosiale media julle het te veilig gespeel. Stem julle saam?

  • Renette: Beslis. Dis my eie mening ook. Ek weet net nie waar presies ek anders sou speel nie. Met Orscilla was daar ’n ongelooflike kalmte en aardsheid. Ja-nee, ek dink dis presies waar ek dalk eerder ’n bietjie wild moes wees!
  • Orscilla: In elke episode wat ek veilig gespeel het, het ek deurgegaan na die volgende ronde. Dalk is die waaghalsigheid presies wat my en Renette uit die reeks geskakel het.

Daar is net drie spanne oor. Wie is jou gunsteling?

  • Renette: By uitstek Johnny en Elsa. Hoekom? Dis tog duidelik!
  • Orscilla: Dis eintlik baie moeilik om te sê. Ek dink al drie spanne beskik oor uitstekende kokke; enigiemand kan wen. Dis soos Chris sê: “Jy is net so goed soos jou laaste maal!”

Watter deelnemer is te vroeg huis toe? Enigeen van hulle wat jy dink moontlik kon wen?

  • Renette: Baie beslis Josia. Ek was ook vreeslik spyt ons kon nie vir Suri (Riffel), Heather (Strumpher) en Dominique (Meiring) in die eerste ronde hou nie.
  • Orscilla: Ons het almal dieselfde kans gehad en moes dit tot die beste van ons vermoë gebruik.

Wat dink jy het Kokkedoor vir jou loopbaan beteken?

  • Renette: ’n Mens kan nie ’n waarde koppel aan die ongelooflike blootstelling nie! Ek glo my restaurant-aande sal nou makliker vol raak. Dit wys jou net: Aanhouer wen! Dit was die tweede keer dat ek ’n oudisie vir die reeks afgelê het; ander hoopvolles moet dus ook aanhou probeer.
  • Orscilla: Ek het klaar ’n ongelooflike werk by die Au de Hex-boetiekhotel op Wellington gekry. Ek begin 1 Julie en kan nie wag vir die nuwe uitdaging nie.

Vertel ons een ding oor jouself wat kykers nooit in die reeks te sien gekry het nie?

  • Renette: Fokofpolisiekar is my gunsteling-band. En ek is heimlik verlief op Hunter Kennedy (die baskitaarspeler van Die Heuwels Fantasties).
  • Orscilla: Ek en my man, Brian, gaan graag op motorfietsuitstappies.

- Christiaan Boonzaier


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>