Dit is vanaand op die kassie:
17:30 La’t Wiel (kykNET): Die La’t Wiel-span wys weereens dat dit ’n program is vol pret vir oud en jonk. Van die goedkoopste intreevlakmotors tot die duurste supermotors en selfs ’n vragmotor wat 240km/h kan haal.
18:00 Raising Hope (M-Net): Burt wil as die waarnemende burgemeester van Natesville verkies word sodat Virginia die eer het om ’n Kersboom te kies, maar die pos het meer gevolge as wat Burt gedink het.
18:00 Dagbreek-bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.
18:30 7de Laan (SABC2): Herman is baie ontsteld toe Gita hom na haar hotel se mediakonferensie nooi. Gaan Paula haar laaste kans verspeel om vir die Times te werk?
18:30 MasterChef Australia: The Professionals (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.
18:30 Binnelanders (kykNET): Nagskof word ’n bymekaarkomplek vir die ongelukkiges. Margot reageer op nuus van Karli. Pippa keer ’n dokter voor hulle ’n pasiënt behandel. Okkie se konfrontasie lei tot ’n dooie punt.
19:30 Isidingo (SABC3): Eddie neem dinge ’n bietjie te vêr toe hy en Bradley oor Charlie baklei. Zukisa maak ’n skokontdekking wat groot implikasies vir Katlego inhou.
20:00 Noot vir Noot (SABC3): Johan Stemmet toets deelnemers se musiekkennis met speletjies.
20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.
20:30 Almost Human (M-Net): Kennex en Dorian ondersoek moorde en vermiste persone in ’n wêreld vol robotte.
21:30 Game Of Thrones (M-Net): Die harde werklikheid staar Daenerys in die gesig. Bran leer meer oor sy lot. Intussen sien Tyrion die waarheid oor sy situasie en omstandighede noord van The Wall word deur ’n onverwagte aankoms verander.