Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Vars seekos-pizza

$
0
0

Lewer 2 pizzas
Bereiding: 20 min.
Marineer: 30 min.
Bak: sowat 20 min.
Gaarmaak: 10 min.

KORS
160 ml ( k) yswater
60 ml (¼ k) olyfolie
500 ml (2 k) koekmeel
sout
BOLAAG
olyfolie
4 knoffelhuisies, fyngedruk
sap en skil van 1 suurlemoen
60 ml (¼ k) gekapte pietersielie
500 g calamaribuise en -tentakels
300 g visfilette
450 g mossels in die skulp of 225 g ontskulpte en gaargestoomde mossels
AFRONDING
125 ml (½ k) songedroogdetamatiepesto
60 ml (¼ k) grof gekapte amandels
45 ml (3 e) olyfolie
vars roketblare en parmesaankaas

Voorverhit die oond tot 230 °C.
Smeer ’n bakplaat en bestuif met koekmeel.

  1. KORS Meng die water en olie. Plaas die meel en sout in ’n voedselverwerker se bak. Voeg
  2. die water stadig deur die tuit by terwyl die masjien loop. Meng goed tot ’n stywe deeg wat in ’n bol vorm (minstens 5 min). Laat rus 15 min. Deel die deeg in 2.
  3. Rol die deeg so dun moontlik op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Verf met olie en bak 5-8 min. tot gaar.
  4. BOLAAG Giet die olie, knoffel, sap, skil en pietersielie oor die calamari en vis. Marineer 30 min.
  5. Plaas die vis op ’n bakplaat, giet ’n bietjie olie oor en bak sowat 12 min. tot net gaar; vlok. Giet nog olie in ’n pan en roerbraai die calamari en tentakels vinnig tot net gaar.
  6. Stapel al die seekos op die pizzakors.
  7. AFRONDING Meng die pesto met die amandels en olie en streep oor die pizza. Stapel die roket op en sit voor met die parmesaan.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>