Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Indiese hoenderkasserol

$
0
0

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 20 minute
marineertyd: 30 minute of oornag
Gaarmaaktyd: 1 uur

JOGURTMARINADE
180 ml (¾ k) gewone jogurt
1 groot ui, gekap
4 knoffelhuisies, fyngemaak
5 ml (1 t) varsgerasperde gemmer
4 groenrissies, gekap
15 ml (1 e) fyn koljander
HOENDER
6 hoenderborsies, ontvel
1 kaneelstokkie
4 kardemompeule
6 heel naeltjies
45 ml (3 e) botter
5 ml (1 t) sout
5 ml (1 t) peper
5 ml (1 t) borrie
2 ml (½ t) saffraan, geweek in
15 ml (1 e) kookwater (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 190 °C.

  1. MARINADE Meng al die bestanddele vir die marinade.
  2. HOENDER Sny drie diep kepe in die hoenderborsies en vryf die marinade daarin. Plaas 30 minute of oornag in die yskas.
  3. Maak die kaneel, kardemom en naeltjies fyn in ’n vysel. Verhit die botter in ’n oondbak en voeg die speserye, sout, peper en borrie by.
  4. Skep die gemarineerde hoender met ’n gaatjieslepel oor die speserye. Behou die marinade. Bedek die bak met foelie en plaas 15 minute in die oond.
  5. Haal uit en voeg die res van die marinade en saffraanwater (indien gebruik) by. Plaas terug in die oond en bak 15 tot 20 minute of tot die hoender gaar is.
  6. Sit voor met rys en poppadums.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>