Kim Kardashian se babadogtertjie, North, het onlangs haar eerste verjaarsdag gevier.
En wat is dan nou ’n meer gepaste geskenk vir ’n Kardashian-baba as piepklein diamantoorbelle?
Kim en haar man, Kanye West, het klein North op ’n uitstappie na die kindermuseum in Manhattan, New York geneem.
Sommige kritici meen dit is onvanpas om kinders op so ’n jong ouderdom reeds oorbelle te laat kry en dat ouers moet wag tot die kind self besluit hulle wil oorbelle hê, terwyl ander meen babas sal minder getraumatiseer wees deur die pyn en dit nie kan onthou nie.
Bron: Mail Online