Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Gaan Simon Cowell terugkeer na American Idol?

$
0
0


Simon Cowell voer glo gesprekke om terug te keer na American Idol in ’n poging om kyksyfers ’n hupstoot te gee.

Die musiekmagnaat het sy beoordelaarsrol in 2010 vir die Amerikaanse weergawe van The X Factor verruil, wat vanjaar ná net drie seisoene gekanselleer is.

Hy is glo nou R157,5 miljoen ($15 miljoen) aangebied om saam met sy voormalige kollegas, Paula Abdul en Randy Jackson, op die paneel van die komende laaste seisoen van die reeks van FOX te verskyn in ’n wanhopige poging om kyksyfers ’n hupstoot te gee.

’n Bron het aan die National Enquirer gesê: “In die verlede het die vervaardigers altyd die idee afgemaak om hulle terug te vra. Maar ná verlede seisoen se kyksyfer-debakel het die base gevoel hulle moes iets drasties doen. Daarom kies hulle die beproefde drietal met die hoop dat die program met ’n knal sal eindig.”

Al drie oorspronklike beoordelaars het in die program se gewildste tyd vir agt seisoene by die program gewerk.

’n Aantal glansmense het in onlangse jare op die paneel verskyn – onder andere Keith Urban, Jennifer Lopez, Mariah Carey, Nicki Minaj, Stephen Tyler en Harry Connick jr.

Maar Simon – wat sy eerste kind, Eric, in Ferbruarie in die wêreld verwelkom het – verdeel nou sy aandag tussen sy eie programme, Britain’s Got Talent en The X Factor in Brittanje, en sy nuwe rol as pa.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>