Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Appelskyfiepoeding

$
0
0

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute

Die appelskyfies word geurig sag gekook saam met speserye en kry dan ’n ligte amandeldegie oor.

7 Royal Gala-appels, ontstronk, geskil en in dun skyfies gesny
300 ml suiker
3 ml (ruim ½ t) fyn kaneel
knippie fyn kardemom
2 ml (½ t) gerasperde suurlemoenskil
15 ml (1 e) Calvados (appelbrandewyn) of brandewyn
4 eiers, geskei
60 ml (¼ k) fyn amandels

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n oondvaste bak met botter.

  1. Plaas die appels saam met 250 ml van die suiker in ’n kastrol. Voeg die speserye en suurlemoenskil by en laat oor lae hitte prut tot die appels sag is. Roer nou en dan sodat die suiker kan oplos. Roer die Calvados of brandewyn by en giet in die gesmeerde bak.
  2. Klits die eiergele en die res van die suiker tot dik en romerig en roer die amandels by.
  3. Klits die eierwitte tot stywe punte begin vorm en vou by die eiergeelmengsel in.
  4. Skep die eiermengsel bo-op die appels en bak 20 minute of tot goudbruin.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!