2 groot eiervrugte, in skywe gesny
growwe sout
olyfolie
500 g maer beesmaalvleis
200 g (2 wiele) fetakaas
1 eier, geklits
125 ml (½ k) sagte broodkrummels
sout en peper
Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Besprinkel die eiervrugskywe met sout en laat 30 minute in ’n vergiettes lê. Spoel af, maak droog, pak op ’n bakplaat en besprinkel met olyfolie. Oondbraai 15 minute tot gaar en sag.
- Meng die vleis, fetakaas, eier en broodkrummels en geur met sout en peper. Rol in balletjies en verkoel in die yskas.
- Pak die frikkadelle op ’n bakplaat en oondbraai 15 minute tot gaar.
- Draai ’n eiervrugskyf om elke frikkadel en steek vas met ’n peuselstokkie. Meng ’n bietjie basielpesto deur die spaghetti en sit dit saam met die frikkadelle voor.
Stoom die eiervrugskywe in die mikrogolfoond tot baie sag en meng dit met tamatie-en-uiesmoor. Maalvleis kan ook met dié mengsel gerek word.