Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 20-25 minute
500 g hoenderborsfilette, in repies gesny
sout en peper
olie
gekapte koljanderblare (opsioneel)
1 elk rooi, geel en groen soetrissie, in blokkies of repies gesny
250 g knopiesampioene, in repies gesny
30-45 ml (2-3 e) blatjang
30-45 ml (2-3 e) soet brandrissiesous
30 ml (2 e) mayonnaise (opsioneel)
500 ml (2 k) gaar jasmynrys
100 g sagte roomkaas (rolletjie) of fetakaas, in stukkies gesny
1 avokado, in skyfies of blokkies gesny
- Geur die hoender met sout en peper en braai in klein bietjie verhitte olie tot net gaar en sag. Sprinkel koljanderblare oor indien verkies en skep uit.
- Roerbraai die groente tot net sag maar nog bros.
- Voeg die hoender weer by saam met die blatjang, brandrissiesous en mayonnaise. Roer deur.
- Skep die jasmynrys in ’n bak, skep die hoender bo-op en rond af met die kaas en avokado.