Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

David Hasselhoff gebruik KITT om ’n spoedboete te probeer ontduik

$
0
0

David Hasselhoff het ’n spoedboete probeer ontduik deur die skuld te pak op sy motor in Knight Rider.

Die 61-jarige akteur het roem verwerf met sy karakter Michael Knight, ’n polisiespeurder in Las Vegas wat misdaad beveg met die hulp van die motor KITT. Hy het die polisie vertel dat die motor homself bestuur het en die blaam moet dra vir die oortreding. Hy was oor die naweek in Londen vir ’n verskyning by die jaarlikse Gumball 3 000-langafstandtydren.

David het erken hy gebruik sy roem om hom uit die moeilikheid te kry, maar dit is die eerste keer dat hy vir sy swaar voet moet opdok.

Hy het gebieg: “Die polisie het my afgetrek omdat ek die spoedgrens oorskry het.

“Wanneer die polisie my gewoonlik tydens die Gumball aftrek, neem ek ’n foto met hulle en hulle laat my gaan. Maar nie vanjaar nie

“Ek het gesê dit is nie my skuld nie; KITT bestuur homself.”

Tydens die Britse tydren se Londense been het meer as ’n halfmiljoen toeskouers die sterre se aankoms kom kyk.

Nog ’n A-lys-ster, Deadmau5 (gebore Joel Zimmerman), het alles misgeloop toe hy by ’n verkeerde pad afdraai.

Die musiekvervaardiger kon toe nie betyds by die resies aansluit nie en is stert tussen die bene terug na die hotel.

Tydens die tydren moet spanne binne sewe dae vyf lande oor twee vastelande oorsteek, van Miami na Ibiza – hulle lê altesaam 4 800 km af.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!