Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 40-45 min.
4-6 hoenderporsies
vars gemaalde sout en peper
30 ml (2 e) olyfolie
CAESARSLAAI
1 kropslaai
125 ml (½ k) mayonnaise
125 ml (½ k) Griekse jogurt
skil van 1 suurlemoen en
15 ml (1 e) van die sap
knippie sout
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Sit ’n draadrakkie bo-op ’n bakplaat en spuit met kossproei.
- Geur die hoender aan albei kante met die sout en peper en smeer met die olyfolie. Pak met die velkant na bo op die voorbereide bakplaat en draadrakkie. Rooster 30 min. Verhoog die temperatuur tot 230 °C en rooster nog 10-15 min.
- tot goudbruin, gaar en lekker bros.
- Caesarslaai Sny die kropslaai in bonkige stukke en pak op ’n bord. Meng die res van die slaaibestanddele en giet ruim oor die stukke kropslaai.
- Pak die hoender tussen die slaai en sit voor saam met 60 ml (¼ k) parmesaanskaafsels indien verkies.