Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Fikser kinders dalk ook slimmer

$
0
0

Die meeste ma’s weet oefening is goed vir hul kind se gesondheid. Nou toon nuwe navorsing dat liggaamlik fikse kinders dalk beter taalvaardighede as hul onfikse maats het.

Navorsers in Chicago het bevind fikser kinders se brein reageer vinniger en sterker wanneer hulle lees; hulle het dus beter leesbegrip. Die studie het gefokus op breingolwe wat verband hou met woordherkenning en grammatika.

“Ons studie toon die breinfunksie van fikser kinders is anders: Dit lyk asof hulle die brein beter inspan vir kognisie, wat hul leesbegrip verbeter,”  het die hoofnavorser, Charles Hullman gesê. Hy is ’n dosent in kinesiologie en gemeenskapsgesondheid aan die Universiteit van Illinois.

Die navorsers het wel gesê nog navorsing  is nog nodig om die skakel tussen verbeterde breinfunksie en liggaamlike fiksheid by kinders te ondersoek. “Ons weet net is daar is verskille tussen fikse en minder fikse kinders,” het Charles verduidelik. “Of dié verskille deur fiksheid veroorsaak word, of dalk deur ’n derde veranderlike wat fiksheid en taalverwerking beïnvloed, weet ons nog nie.”

Bronne: Healthday.com, psychcentral.com


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>