Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

So raak egskeiding jou sak

$
0
0

Oorweeg jy dit om te skei? Hier is wat jy moet weet voor jy ’n egskeiding aanvra; dit kan jou red van die algemene geldstrikke waarin so baie mense trap wat oorhaastig skei.

As jy dink aan skei, het jy waarskynlik eers na jou prokureur of berader gegaan. Maar volgens Lara Warburton, besturende direkteur van Imara Asset Management SA in Illovo, is daar ’n raadgewer wat ’n groot verskil aan jou besluit kan maak, maar wat dikwels afgeskeep word: ’n finansiële adviseur. ’n Kykie na jou geldsake kan jou ’n duideliker beeld gee van wat op jou wag wanneer jy ’n egskeiding aanvra; dit kan jou selfs laat heroorweeg.

“ ’n Egskeidingsprokureur kry dalk net die papierwerk aan die gang,” sê Lara. “ ’n Goeie finansiële adviseur sal geldelike gevolge uitlig wat kan veroorsaak dat die papierwerk gestaak word. Daar is niks wat ’n afkoelperiode aanspoor nie soos ’n nugter finansiële beoordeling. En wanneer kalmte weer heers, is daar ’n kans dat die huwelik herstel kan word.”

Dikwels spreek salaristrekkers en egpare Imara Asset Management SA wanneer hulle oor lang termyn wil belê. Lara sê egpare wat wil skei, moet onder meer die volgende oorweeg wanneer hulle ’n egskeiding aanvra, maar steeds ’n gesonde finansiële toekoms wil hê:

-       Moenie aanneem bates wat in ’n familietrust gehou word, sal outomaties tussen die egpaar verdeel word nie; die bates behoort aan die trust.

-       As julle ’n ouer egpaar is sonder jong kinders, moenie aanneem dat jou maat verantwoordelik gehou sal word vir onbepaalde eggenootbetalings nie. Jy kan teleurgestel word en moet dalk ’n werk soek.

-       ’n Erfporsie word gewoonlik uitgesluit van ’n skikking en ’n huweliksmaat moenie verwag hy of sy gaan daarin deel nie.

-       Party bates word dalk glad nie deur die egpaar besit nie – huise, motors en luukse items is dikwels ’n kredietverskaffer se eiendom.

-       Verbruikersprysindeks-verhogings wat in ’n skikking ingebou word, is dikwels onvoldoende om mediese versekeringskoste en privaatskoolgeld te dek.

-       ’n Mikro-onderneming wat deur ’n man besit word, is dalk nie naastenby soveel werd as wat die vrou aanneem nie, veral as die inkomste direk bydra tot die eienaar se pogings en daar min tasbare bates is wat gelikwideer kan word.

-       Onderhoudbetalings kan verminder word, byvoorbeeld wanneer die betaler weer trou en nog kinders het wat ook onderhou moet word.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>