Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Sjokolade lasagane

$
0
0

Liezl Frauendorf van Johannesburg het hierdie resep met ons gedeel.

GENOEG VIR 8-10 MENSE
Bereiding: 20 minute
Verkoeltyd: 4 uur

1 pakkie (176 g) Oreo-koekies (36), fyn gekrummel
90 ml (6 e) botter, gesmelt
250 g roomkaas
30 ml (2 e) melk
60 ml (¼ k) suiker
250 ml (1 k) kunsroom
1 boksie (90 g) sjokoladekitspoeding
400 ml koue melk
sjokoladekrulle

  1. Meng die koekiekrummels met die gesmelte botter en druk dit op die bodem van ’n ronde glasbak vas. Plaas in die yskas.
  2. Meng die roomkaas met die 30 ml melk en suiker en meng goed. Roer 125 ml (½ k) van die kunsroom by en smeer die mengsel oor die koekiekrummelkors. Verkoel.
  3. Meng die sjokoladekitspoeding met die 400 ml melk en klits tot die mengsel begin verdik. Skep en smeer versigtig
  4. oor die roomkaasmengsel. Verkoel minstens 5 minute.
  5. Klits die res van die kunsroom styf en smeer oor die sjokoladelaag. Sprinkel die sjokoladekrulle oor.
  6. Plaas 1 uur in die vrieskas of 4 uur in die yskas tot stewig.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>