Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Claude Schippers wen Survive It

$
0
0

Ons het met die wenner van die gewilde mini-avontuurreeks Survive It op Hectic Nine-9 gesels. Hier is wat hy te sê gehad het oor al die persoonlike struikelblokke wat hy moes oorkom.

Wat het jy uit die ervaring geleer?

Hoe belangrik spanwerk is, en om nie jou span in die steek te laat wanneer hulle jou die nodigste het nie.

Wat was vir jou die grootste of moeilikste uitdaging?

Die Race of Risk, ’n spanuitdaging waarin ons teen ’n berg op moes resies jaag. Langs die pad was daar drie uitdagings. Die een was om goed uit te ken en te onthou, die volgende om ’n draagbaar te bou en spanlede te dra, en die laaste om dennetee uit dennebolle te maak. Maar daar was geen vuurhoutjies nie en ons het gesukkel om ’n vuur aan te steek om die tee warm te maak.

Hoe selfversekerd was jy voor die eindronde? Het jy gedink jy het ’n kans?

Toe ek uitvind ek is in die Red Rascals-span, het ek geweet ons het ’n goeie kans om te wen, want die meeste van die spanlede was baie sterk. Claude was die swartskaap van die groep. Maar toe een laaste uitdagings hoogte en spoed is, het hy geweet hy het ’n kans, want hy was nie bang nie. Dit was sy uitdaging; hy het geweet hy kon wen.

Sou jy iets wou verander het of anders doen as jy die kans gehad het?

In die een uitdaging kon nie een van die verkenners die vuur aan die brand kry nie! Ek sou geoefen het om ’n vuur aan te steek sonder vuurhoutjies.

Wat het jy by die ander deelnemers geleer?

Moet nooit moed opgee nie, maak nie saak hoe moeilik dit is nie.

Watter raad het jy vir voornemende deelnemers?

Sorg dat jy weet hoe om ’n vuur aan te steek en doen alles met oorgawe.

Wat is jou leuse in die lewe?

Moet nooit opgee nie en wees toegewyd aan dit wat jy doen.

Kyk na die uittreksels uit Survive It:

https://www.youtube.com/playlist?list=PLuaXIUAlMk5QrzLpI4UnIygNwNg4MM9vP

-         Janine Nel 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>