LEWER 6 GLASE
Bereiding: 30 minute
Verkoeltyd: 1 uur
500 ml (2 k) room, verkoel
1 blik (360 g) karamelkondensmelk
2 pakke (200 g elk) Tennisbeskuitjies, fyn gemaak
4 Crunchie-sjokolades, grof gekap
- Klits die room styf en vou die karamelkondensmelk versigtig in.
- Pak ’n laag Tennisbeskuitjies in elke glas, gevolg deur ’n laag Crunchies en die karamelmengsel.
- Laat 1 uur in die yskas afkoel voor dit voorgesit word.
WENK
Vervang die Crunchies met Peppermint Crispsjokolade.