Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Steakbredie

$
0
0

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15-20 minute
Gaarmaaktyd: sowat 2 uur

1,5 kg Texas-steaks
80 ml (¹/³ k) olyfolie
sout en gemaalde swartpeper
1 ui, grof gekap
2 knoffelhuisies, grof gekap
1 selderystingel, grof gekap
2 groot wortels, grof gekap
250 g (1 k) vleisaftreksel
250 ml (1 k) droë witwyn
1 blik (410 g) cannelliniboontjies
125 ml (½ k) gekapte kruie (pietersielie, basilieblare en tiemie)
aartappels, in die skil gekook

  1. Sny die Texas-steaks in blokkies van 2 cm.
  2. Verhit van die olyfolie. Braai die steak-blokkies oor baie hoë hitte tot goudbruin en skep uit. Geur die gebraaide vleisblokkies
  3. met sout en vars gemaalde swartpeper. Herhaal tot al die blokkies gebraai is. Hou eenkant.
  4. Verhit nog olie en braai die gekapte ui, knoffel, seldery en wortels ’n minuut. Skep die vleis terug in die kastrol.
  5. Giet die aftreksel en witwyn by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte, sit die deksel op en laat prut sowat 2 uur of tot sag.
  6. Roer die witboontjies en al die kruie by sodra die vleis sag gekook is. Roer tot goed gemeng. Voeg nog ’n bietjie aftreksel of wyn by as die bredie droog lyk. Laat prut tot geurig en sag.
  7. Sit voor saam met aartappels en roketslaai.

Pleks van Texas-steak kan jy enige beesstowevleis gebruik.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>