Lewer 1,5 L
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
Babatamaties lyk mooi in hierdie sop. Koop sommer die gebliktes as jy dit nie vars in die hande kry nie. Jy kan die tamatietjies ook
rooster voor jy dit as garnering gebruik.
olie
1 ui, gekap
4 knoffelhuisies, fyn gedruk
2 heel kardemomsade
2 stokke heel kaneel
1 heel steranys
5 ml (1 t) borrie
250 g lensies, in kookwater geweek
1 L (4 k) groenteaftreksel
1 blik (410 g) babatamaties of tamatie-en-uiesmoor
1 blik (400 g) ligte klappermelk
125 ml (½ k) gekapte koljanderblare
10 ml (2 t) suiker
sout en peper na smaak
skil van 1 suurlemoen
OM VOOR TE SIT
geroosterde saadtortillas
takkie pietersielie
- Verhit die olie en braai die ui en knoffel tot sag. Voeg die speserye by en braai 1 minuut.
- Dreineer die lensies, voeg by en giet die groenteaftreksel by. Kook tot sag, sowat 20 minute.
- Voeg die tamaties, klappermelk en koljander by (hou ’n paar tamaties vir garnering) en laat baie goed kook.
- Geur met suiker, sout en peper na smaak. Voeg die suurlemoenskil by.
- OM VOOR TE SIT Giet in ’n bak, rond met ’n takkie pietersielie en ’n paar babatamaties af en sit saam met geroosterde tortillas voor.