Beeld.com berig dat Oscar Pistorius na bewering Dinsdagoggend in die verbygaan vir Gina Myers se suster gevra: “Hoe slaap jy snags?”
Gina was Reeva Steenkamp se beste vriendin.
Kim Myers, Gina se suster, het ná die beweerde voorval aan Beeld gesê: “Ek is so geskok, ek is steeds in skok. En ek is baie ontsteld en kwaad.”
Die beweerde voorval het gebeur kort nadat die hof Dinsdagoggend vir ’n tyd lank verdaag het sodat die verdediging sy volgende getuie kon gaan haal.
Volgens Beeld.com sal sal dit glo ook onder regter Thokozile Masipa se aandag gebring word.
Oscar se prokureur Brian Weber het gesê hy is onbewus van die aanmerking.
Bron: Beeld.com