Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Ham-en-sampioentert

$
0
0

Hierdie resep het Lynne Vorster van Port Elizabeth met ons gedeel.

Lewer 1 tert van 30 cm
Bereiding: 25 minute
Baktyd: 30 minute

125 g botter
45 ml (3 e) koekmeel
500 ml (2 k) melk
3 eiers, geklits
500 ml (2 k) cheddarkaas, gerasper
250 ml (1 k) gekookte ham, gekap
150 g sampioene, in skyfies gesny

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n tertpan van 30 cm.

  1. Smelt die botter in ’n groot kastrol en roer die meel by. Roer goed, laat kook en voeg die melk geleidelik by. Hou aan roer tot die sous verdik het. Verwyder van die hitte.
  2. Voeg die geklitste eiers, gerasperde cheddarkaas, ham en sampioene by en meng goed.
  3. Skep in die voorbereide pan en bak 25-30 minute tot gestol.

WENK
Voeg gekapte en geblansjeerde spinasie by om ’n groenigheid aan die tert te verleen.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>