Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Kondensmelkglase

$
0
0

Lewer 4 glase of ’n tert van 25 cm
Bereiding: 30 minute
Verkoeltyd: 2-3 uur

1 blikkie (385 g) kondensmelk
385 ml melk
385 ml water
40 ml (8 t) vlapoeier
1 pak (200 g) Mariebeskuitjies, fyn gedruk

As jy ’n tertbak gaan gebruik: Smeer ’n bak van 25 cm.

  1. Meng die kondensmelk, melk en water in ’n kastrol en laat kook.
  2. Los die vlapoeier in ’n bietjie water op, meng met ’n bietjie van die kondensmelkmengsel en voeg dan by die res van die kondensmelkmengsel. Roer goed tot dit verdik het en begin kook. Verwyder van die hitte en laat afkoel.
  3. Plaas ’n laag beskuitjiekrummels onderin elke glas of op die boom van die gesmeerde tertbak. Giet ’n laag vlamengsel bo-oor. Herhaal die lae 3 keer en eindig met ’n laag krummels.
  4. Laat 2-3 uur in die yskas stol.

WENK
Stapel vars appelliefies op die kondensmelkglase vir afronding.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>