Dit is vanaand op die kassie:
- 18:00 Villa Rosa (kykNET): Marius is buite aksie weens sy rugbesering en hy aanvaar sy hulpeloosheid moeilik. Carina dra swaar aan haar verantwoordelikheid om Bakgat alleen te bestuur, maar om haar klasse mis te loop is vir haar ’n groter krisis.
- 18:30 7de Laan (SABC 2): Wat is die oorsaak van Emma se nagmerries? Hoe gaan Herman reageer wanneer Bertus met hom praat oor Nadia?
- 18:30 Binnelanders (kykNET): At staan op die punt om Binneland terug te kry, en Wimpie vat ’n kans met Susanna.
- 18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs uit alle dele van Australië ding mee om die geleentheid om hul kookkuns te ontwikkel, maar net een kan die Masterchef-titel wen.
- 19:30 Bravo! (kykNET): Bravo! gaan kyk agter die skerms na ’n reklamefotosessie vir Binnelanders en praat ook met die veteraan-aktrise Magda van Biljon oor haar nuwe stuk Cabernet-Cabaret.
- 20:00 Jou Show (kykNET): Die talentvolle Izak Davel en Tamarin du Toit kuier op die bank en vertel snaakse sepie-stories. DJ Naaldekoker kom wys hoe om ’n skare aan die dans te kry.