Is jy bekommerd oor dissipline in skole? Huisgenoot is ewe besorg oor die toestande waarin onderwysers dikwels moet werk en het besluit om betrokke te raak.
Op 1 Maart om 16:30 bied Huisgenoot in samewerking ’n paneelbespreking aan by die kongres oor Emosionele Intelligensie by die Hoër Seunskool Rondebosch in Kaapstad.
Kom gesels saam met onderwyskenners en sielkundiges soos Brian Schreuder, Anthony Constandius, Sanette Nowers, Quentin Newman en Jeanette de Klerk-Luttig oor praktiese dissipline.
Toegang is GRATIS, maar stuur asb ’n e-pos na serge.hardneck@media24.com