Lensies en wors is ’n wonderlike kombinasie vir trooskos – beproef dit gerus ook in sop, slaai en bredies.
Genoeg vir 2-4 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 20-30 minute
30 ml (2 e) olie
1 ui, fyn gekap
3 knoffelhuisies, gekneus
3 wortels, skoon geskraap en in skywe gesny
500 ml (2 k) bruin- of rooilensies
1 liter (4 k) water
1 lourierblaar
sout en vars gemaalde peper
5 ml (1 t) droë, gemengde kruie
3 Russiese worsies, in skyfies gesny
30 ml (2 e) pietersielie, fyn gekap of heel vir garnering
groenslaai vir voorsit (opsioneel)
- Verhit die olie en braai die ui, knoffel en wortels sowat 5 minute.
- Voeg die lensies, water en lourierblaar by en verhit tot kookpunt. Verlaag dan die hitte en laat prut tot die lensies gaar is. Geur met die sout, peper en gemengde kruie.
- Braai die Russiese worsies ’n paar minute in ’n pan tot goudbruin en roer dit by die lensiemengsel in. Garneer met vars pietersielie.
- Sit voor saam met ’n groenslaai indien verkies.