Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Gevulde hoenderborsies

$
0
0

Onthou om die peuselstokkies te verwyder sodra die hoender uit die oond kom.

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 30-40 minute

8 groot hoenderborsies (sien wenk)
sout en vars gemaalde swartpeper
sap en skil van 2 groot suurlemoene
30 ml (2 e) olyfolie
30 ml (2 e) botter
60 ml (¼ k) grasuie
3 knoffelhuisies, fyn gekap
125 g spekvleis, in stukkies gesny
250 g growwe maaskaas
olyfolie
10 baba-aartappels, gehalveer
spinasie om mee voor te sit

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Geur die hoenderporsies met sout en peper en die skil en sap van een van die suurlemoene.
  2. Verhit die olie en botter en braai die grasuie, knoffel en spek tot bros en gaar. Geur met sout en peper. Laat afkoel en meng met die maaskaas.
  3. Lig die vel van elke borsie aan die een kant op en ontbeen elke borsie.
  4. Verdeel die vulsel tussen die borsies, skep dit bo-op die vleis en trek die los vel oor die vulsel. Steek vas met ’n peuselstokkie.
  5. Rangskik die borsies in ’n oondbak, voeg die aartappels by en bedruip met olyfolie en die sap en skil van die ander suurlemoen. Bak 10 minute. Verlaag die hitte tot 180 °C en bak nog 30 minute of tot gaar. Druk die aartappels effens plat met ’n vurk.
  6. Sit voor saam met spinasie.

WENK
Koop groot hoenderborsies met die ribbebeen aan, lig die vel liggies op en sny die ribbebene af; so bly ’n groot stuk vel oor wat jy oor die vulsel kan vou.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>