Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Elizma se pienkvoet hier!

$
0
0

Baie geluk, Elizma Theron en Nico Grobbelaar! Die sangeres en haar man, ’n helikopterloods, se dogtertjie is gebore!

Eli-zé weeg 3,13 kg. “Mamma en baba is gesond en alles het goed gegaan,” vertel Nico vanuit die hospitaal.

Net vroeër vandeesweek het ons op huisgenoot.com berig dat Eli-zé na verwagting in Maart gebore sou word. “Dis nou as sy nie vroeër wil kom hallo sê nie,” het Elizma toe gesê.

En nou is dit wraggies so! Elizma het gister op haar Facebook-blad bekendgemaak sy is in die hospitaal opgeneem weens sterk kraampyne.

Die kraampyne is onderdruk, maar Eli-zé wou duidelik sommer vandag al haar ma en pa ontmoet.

“Klein snip wil uit. Ons ontmoet Eli-zé Grobbelaar vandag. Bang, dankbaar, opgewonde, deurmekaar . . . alles gelyk. Mag ek vra dat julle asb. bid dat sy pragtig en gesond sal wees? Haar pappa het vanoggend in Botswana geland en is nou met ’n spoed op pad terug. Gebedjie vir hom ook, asb. Liefde xxxxx,” het sy vroeër vandag op Facebook geskryf.

- Loren Pienaar


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>