Lewer 1 koek (10 snye)
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 50 minute
KORS
200 g gemmerkoekies, gekrummel
60 ml (¼ k) botter, gesmelt vulsel
3 appels, geskil en ontstronk
60 ml (¼ k) suiker
30 ml (2 e) botter
30 ml (2 e) room
1 houer (230 g of 250 g) roomkaas
125 ml (½ k) suiker
2 eiers
250 ml (1 k) suurroom
sap en gerasperde skil van
1 suurlemoen
BOLAAG
125 ml (½ k) koekmeel
60 ml (¼ k) sagte bruinsuiker
1 ml (¼ t) gemmer
60 ml (¼ k) botter
Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n 20 cmveerklamppan uit met bakpapier. Smeer die papier.
- KORS Meng die koekiekrummels en gesmelte botter goed en druk dit op die boom van die voorbereide pan vas.
- VULSEL Sny die appels in skywe van 8 mm dik. Verhit die appelskyfies, suiker en botter in ’n pan oor matige hitte en soteer die appels 3-5 minute tot sag. Voeg die room by en laat nog 5 minute prut; hou eenkant.
- Klits die roomkaas en suiker tot glad. Klits die eiers een vir een by tot net gemeng. Klits die suurroom, suurlemoenskil en -sap by.
- Rangskik die appelskyfies oor die kors en giet die kaasmengsel oor.
- BOLAAG Meng al die bestanddele van die bolaag tot krummelrig en sprinkel oor die vulsel. Bak 45 minute of tot net gestol. Laat heeltemal afkoel en plaas minstens 4 uur in die yskas voor dit voorgesit word.