Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Vegetariese lasagne

$
0
0

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaak: 45 minute

45 ml (3 e) olie
4 murgpampoentjies, in skywe gesny
1 eiervrug, in blokkies gesny
1 ui, gekap
250 g sampioene, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
1 bakkie (250 g) maaskaas
’n hand vol vars pietersielie, gekap
1 fles (400 g) gekoopte tamatiepastasous
8 lasagnevelle, ongekook
80 ml (⅓ k) mozzarellakaas

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 25 cm-vierkantige roosterpan.
  2. Verhit die olie in ’n braaipan oor matige hitte en soteer die murgpampoentjies, eiervrug, ui, sampioene en knoffel 10 minute of tot sag. Sit eenkant.
  3. Meng die maaskaas en pietersielie en sit eenkant.
  4. Smeer 125 ml (½ k) van die pastasous op die bodem van die roosterpan en bedek met ’n dubbele laag pastavelle. Bedek met ’n laag sous, maaskaasmengsel en groente. Herhaal die lae nog twee keer.
  5. Eindig met ’n dubbele laag pastavelle en die laaste van die sous. Bestrooi met mozzarellakaas, bedek met foelie en bak 20 minute. Verwyder die foelie en bak nog ’n kwartier. Laat staan 10 minute en sny dan in porsies.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>